Pippie Langkous
Astrid Lindgren, Nerina Ferreira, Carlton Hollander
Pippie, die koddige klein heldin met die sproete en rooi vlegsels, woon alleen in Huis Winderuis. Haar pa, die legendariese seekaptein Efraim Langkous, is iewers op ’n eiland, maar Pippie word geselskap gehou deur haar perd en haar apie, meneer Jakobs. Pippie versin kostelike stories, maar het ’n hart van goud, en omdat sy merkwaardig sterk is, sit sy booswigte gou-gou op hul plek!